Aarde

Aarde   🜨

Die Aarde.
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 152 098 232 km
1,01671388 AE
Perihelium 147 098 290 km
0,98329134 AE
Halwe lengteas 149 598 261 km
1,00000261 AE[1]
Wentelperiode 365,256363004 dae[2]
1,000017421 jaar
Gem. omwentelingspoed 29,78 km/s[3]
107 200 km/h
Baanhelling 7,155° (tot die son se ewenaar)[4]
1,57869° (tot onveranderbare vlakte)
Lengteligging van stygende nodus 348,73936°[3]
Periheliumhoek 114,20783°[3]´
Natuurlike satelliete 1 natuurlike maan
sowat 1 000 kunsmatige satelliete[5]
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 6 378,1 km[6][7]
Radius na pole 6 356,8 km[8]
Oppervlakte 510 072 000 km2[9][10]
Volume 1,08321×1012 km3[3]
Massa 5,9736×1024 kg[3]
Gem. digtheid 5,515 g/cm3[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
9,780327 m/s2[11]
0,99732 g
Ontsnapping-
snelheid
11,186 km/s[3]
Sideriese
rotasieperiode
0,99726968 dag[12]
23h 56m 4.100s
Rotasiespoed
by ewenaar
1674,4 km/h[13]
Ashelling 23°26'21",4119[2]
0,367[3]
Oppervlak-temp.
   Kelvin
   Celsius
mingem.maks
184[14]287,2[15]331[16]
−89,21457,8
Atmosfeer
Oppervlakdruk 101,325 kPa
Samestelling 78,08% Stikstof (N2)[3]
20,95% Suurstof (O2)
0,93% Argon
0,038% Koolstofmonoksied
Sowat 1% Waterdamp

Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan[17][18] en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die florering van aërobiese en anaërobiese organismes en tot die vorming van die osoonlaag. Dié laag en die Aarde se magneetveld blokkeer die skadelikste straling van die Son en maak so lewe op land moontlik.[19] Die Aarde se fisiese eienskappe, geologiese geskiedenis en posisie in die Sonnestelsel maak die volgehoue bestaan van lewe moontlik; daar word verwag dat die planeet vir die volgende 1,5 miljard jaar lewende organismes sal onderhou, waarna die stygende ligsterkte van die Son die biosfeer sal vernietig.[20]

Die Aarde se buitenste laag word in verskeie segmente, of tektoniese plate, verdeel. Hierdie plate beweeg oor miljoene jare langsamerhand oor die oppervlak. Ongeveer 71% van die oppervlak word deur oseane bedek en die res deur kontinente en eilande. Lopende water is noodsaaklik vir alle bekende lewensvorme en sover bekend bestaan daar geen lopende water op enige ander planeet se oppervlak nie.[nota 1] Die Aarde se binnekant is steeds aktief, met 'n dik en relatief soliede mantellaag, 'n vloeibare buitekern wat die magneetveld skep en 'n binnekern wat uit soliede yster bestaan.

Die Aarde is in wisselwerking met ander voorwerpe in die ruimte, soos die Son en die Maan. Tydens elke omwenteling om die Son draai die planeet ook ongeveer 365,26 keer om sy eie as;[nota 2] hierdie tydperk staan as 'n sterrejaar bekend.[nota 3] Die Aarde het 'n skuins as: dit lê teen 'n helling van 66,6º ten opsigte van sy sonnebaan (die baan waarin die planeet om die son wentel). Dié helling het die verskillende seisoene tot gevolg. Die Aarde se enigste werklike natuurlike satelliet is die Maan. Dié vergroot die getye van die oseane, stabiliseer die Aarde se as en vertraag stadigaan die planeet se draaiing.

  1. Standish, E. Myles; Williams, James C. "Orbital Ephemerides of the Sun, Moon, and Planets" (PDF). International Astronomical Union Commission 4: (Ephemerides). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Oktober 2012. Besoek op 3 April 2010. See table 8.10.2. Calculation based upon 1 AU = 149,597,870,700(3) m.
  2. 2,0 2,1 IERS Working Groups (2003). "General Definitions and Numerical Standards". McCarthy, Dennis D.; Petit, Gérard IERS Technical Note No. 32, U.S. Naval Observatory and Bureau International des Poids et Mesures. Besoek op 2008-08-03.  Geargiveer 19 April 2014 op Wayback Machine
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 3,6 3,7 3,8 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named earth_fact_sheet
  4. Allen, Clabon Walter; Cox, Arthur N. (2000). Allen's Astrophysical Quantities. Springer. p. 294. ISBN 0-387-98746-0. Besoek op 13 Maart 2011.
  5. "UCS Satellite Database". Nuclear Weapons & Global Security (in Engels). Union of Concerned Scientists. 31 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2014. Besoek op 12 Mei 2011.
  6. "Selected Astronomical Constants, 2011". The Astronomical Almanac. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Augustus 2013. Besoek op 25 Februarie 2011.
  7. Humerfelt, Sigurd (26 Oktober 2010). "How WGS 84 defines Earth". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2011. Besoek op 29 April 2011.
  8. Cazenave, Anny (1995). "Geoid, Topography and Distribution of Landforms". In Ahrens, Thomas J (red.). Global earth physics a handbook of physical constants (PDF). Washington, DC: American Geophysical Union. ISBN 0-87590-851-9. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2006. Besoek op 3 Augustus 2008.
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pidwirny2006
  10. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named cia
  11. Yoder, Charles F. (1995). T. J. Ahrens (red.). Global Earth Physics: A Handbook of Physical Constants. Washington: American Geophysical Union. p. 12. ISBN 0-87590-851-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2009. Besoek op 17 Maart 2007.
  12. Allen, Clabon Walter; Cox, Arthur N. (2000). Allen's Astrophysical Quantities. Springer. p. 296. ISBN 0-387-98746-0. Besoek op 17 Augustus 2010.
  13. Arthur N. Cox, red. (2000). Allen's Astrophysical Quantities (4th uitg.). New York: AIP Press. p. 244. ISBN 0-387-98746-0. Besoek op 17 Augustus 2010.
  14. "World: Lowest Temperature". WMO Weather and Climate Extremes Archive (in Engels). Arizona State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2016. Besoek op 7 Augustus 2010.
  15. Kinver, Mark (10 Desember 2009). "Global average temperature may hit record level in 2010". BBC Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 22 April 2010.
  16. "World: Highest Temperature". WMO Weather and Climate Extremes Archive (in Engels). Arizona State University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2016. Besoek op 7 Augustus 2010.
  17. Dalrymple, G.B. (1991). The Age of the Earth. California: Stanford University Press. ISBN 0-8047-1569-6.
  18. Newman, William L. (9 Julie 2007). "Age of the Earth" (in Engels). Publications Services, USGS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 20 September 2007.
  19. Harrison, Roy M.; Ronald E., Hester (2002). Causes and Environmental Implications of Increased UV-B Radiation. Royal Society of Chemistry. ISBN 0-85404-265-2.
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named carrington


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne